NG Kerk in Afrika http://www.ngka.co.za Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika Mon, 29 Aug 2011 08:55:17 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=4.7.4 Sinode http://www.ngka.co.za/2011/08/19/slide-2/ http://www.ngka.co.za/2011/08/19/slide-2/#respond Fri, 19 Aug 2011 17:00:38 +0000 http://localhost:8888/www.ngka.co.za/?p=265 [Description]

]]>
http://www.ngka.co.za/2011/08/19/slide-2/feed/ 0
Sinode http://www.ngka.co.za/2011/08/19/slide-1/ http://www.ngka.co.za/2011/08/19/slide-1/#comments Fri, 19 Aug 2011 16:49:20 +0000 http://localhost:8888/www.ngka.co.za/?p=263 [Description]

]]>
http://www.ngka.co.za/2011/08/19/slide-1/feed/ 3
Kopano ya Sinoto sa Foreisetata/Vergadering van die Sinode OVS: 3-9 Oktober 2011 http://www.ngka.co.za/2011/08/11/project-1/ http://www.ngka.co.za/2011/08/11/project-1/#respond Thu, 11 Aug 2011 14:44:51 +0000 http://localhost/xampp/ngka/?p=32 Sinoto sa Foreisetata se kopana ka la 3-9 Mphalane 2011 phuthehong ya NGKA Phomolong (Kroonstad).  Die Sinode van die Oranje Vrystaat vergader vanaf 3 tot 9 Oktober 2011 te Kroonstad (NGKA Phomolong).

]]>
http://www.ngka.co.za/2011/08/11/project-1/feed/ 0
Baduladitulo / Moderatuur 2011-2015: Sinoto Sa Kakaretso / Algemene Sinode http://www.ngka.co.za/2011/08/11/hello-world/ http://www.ngka.co.za/2011/08/11/hello-world/#respond Thu, 11 Aug 2011 14:11:32 +0000 http://localhost/xampp/ngka/?p=1 Moderator: Ds. SC Kgobokoe, Posbus 237, Mafikeng 2745, sel (+27)(082)9208045, epos    [email protected]

Assessor: Ds TG Dibane, Posbus 518, Leeudoringstad 2640, tel (+27)(018)5812889, sel (+27)(083)4239048

Aktuarius: Ds TS Pheko, Posbus 975, Welkom 9460, tel (+27)(057)3929038, sel (+27)(083)5949376

Skriba: Dr AM Hoffman, Winterstraat 21, Dan Pie­naar, Bloemfontein 9301, tel (+27)(051)4361098

]]>
http://www.ngka.co.za/2011/08/11/hello-world/feed/ 0
13DE ALGEMENE SINODE: 4-8 AUGUSTUS 2011 http://www.ngka.co.za/2011/08/11/project-2/ http://www.ngka.co.za/2011/08/11/project-2/#respond Thu, 11 Aug 2011 13:40:00 +0000 http://localhost/xampp/ngka/?p=35

ALGEMENE SINODE VAN DIE NEDERDUITSE  GEREFORMEERDE  KERK IN AFRIKA

Ongeveer 50 verteenwoordigers van 23 Ringe van die NGKA het van 4 tot 8 Augustus te Mooigenoeg (Bloemfontein) vergader vir die dertiende Algemene Sinode van die NG Kerk in Afrika. Drie van hierdie ringe is in die Kaap, drie in die nuwe sinode, Noord-en-Suid Transvaal en die res in die Vrystaat en Noord-Kaap. ‘n Hartseer saak vir die sinode was dat in die afgelope vier jaar sowel die moderator (Ds Johannes Ramolahlehi) en assessor (Dr DT Keta) asook die moderator van Phororo in die Noord-Kaap (Ds M Mosuahle) oorlede is. As nuwe moderatuur is gekies Di SC Kgobokoe (moderator), TG Dibane (assessor), TS Pheko (aktuarius) en AM Hoffman (skriba).

Van die belangrike sake wat bespreek was, is die groot tekort aan leraars en die feit dat die toelatingsvereistes en kostes van die teologiese opleiding dit vir baie persone wat geroep is tot die bediening onmoontlik maak om te kom studeer. Daar is besluit om naas die bestaande graadkursus van die UV, met ‘n deeltydse kerklike en geakkrediteerde opleiding te begin, verkieslik in samewerking met die UV. Wat die Sondagskool betref is daar besluit om die Sondagskoolhandleidings in samewerking met die CLF te hesien. Die sinode het met groot blydskap kennis geneem dat die NGKA nou sy eie webwerf het.

Aangesien die Algemene Sinode verantwoordelik is vir die verhouding met ander kerke was dit hoog op die agenda. Daar is besluit om deel te wees van die nuut gevormde Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke en plaaslik van die Gereformeerde Konvent. Wat die verhouding binne die familie van NG Kerke betref is daar kennis geneem van die mooi werk wat die Verenigde Kommissie vir Diens en Getuienis doen en gemeentes is gevra om hierdie werksaamhede, soos die week van gebed en Sondag vir HIV en Vigs te ondersteun. Daar is egter ook kennis geneem van hoe swak onderlinge verhoudings tussen die kerke dikwels op grondvlak is. Wat veral hiertoe bydrae is die geskil met die VGKSA oor eiendomme  wat by baie gemeentes nog nie opgelos is nie. Die sinode het daardie gemeentes gevra om ‘n nuwe voorstel oor ‘n skikkingsproses biddend te oorweeg. Verder is daar besluit om die voorstel te aanvaar dat daar ‘n proses begin word van kerkvereniging, aanvanklik tussen die NG Kerk, RCA en NGKA so lank die moratorium van die VGKSA oor verenging geld. Die voorstel wat nog voor die ander twee kerke moet dien is dat die NGKA se streeksinodes asook die RCA inskakel by die NG Kerk se Algemene Sinode en dat daar op al die ander vlakke (streeksinodes, ringe en gemeentes) ook saam vergader en gewerk moet word sodat lidmate daadwerlik nader aan mekaar gebring kan word en saam die roeping tot diens en getuienis in die wêreld kan uitvoer. In die proses sal ruimte geskep word waar aspekte van die bediening wat uniek aan die NGKA is steeds sinvol hanteer kan word. Die proses sal ook die geleentheid bied om te leer hoe om verskillende sensitiewe sake te hanteer. In sy groeteboodskap namens die NG Kerk  het Prof Piet Strauss gesê dat hy vol vertroue is dat na al die jare daar nou werklik iets van die eenheid mag realiseer omdat ons tog broers en susters met dieselfde geloofsbasis is. In sy groeteboodskap namens die VGKSA het Dr Dawid Kuyler vir wyle Dr Keta aangehaal wat ‘n beroep tot die VGKSA sinode gedoen het dat die bitterheid tussen die twee kerke opgelos moet word omdat dit die werk van die Here belemmer. Wat vereniging betref het hy die beeld van ‘n huwelik gebruik waar die VGKSA nie in ‘n “vat-en-sit” verhouding wil ingaan nie maar verkies dat die lobola eers betaal moet word.

Die sinode was veral ‘n geleentheid vir selfondersoek met die oog op die pad vorentoe. Vir hierdie doel is die Bybelstudies gelei deur Di Lebone en Ralepedi (nagmaal)  asook Prof Hermie van Zyl van die UV en Dr Johannes Makutoane wat pas sy Doktersgraad ontvang het.

Berig deur: Dr AM Hoffman – Skriba: Algemene Sinode

 



]]>
http://www.ngka.co.za/2011/08/11/project-2/feed/ 0